Bogie

Updated 12 jare ago
This page shows old instructions for MuseScore 1.
For MuseScore 4 users, see Bogie.

'n Bogie is 'n gekurfde lyn tussen twee of meer note wat aandui dat hulle sonder afsondering gespeel moet word. Indien u twee note wou saamvoeg van dieselfde toonhoogte, sien Verbinding

Instruksies

  1. Verlaat [[nodetitle:note byvoeging]] modus en kies die eerste noot:
    Eerste noot gekies
  2. S Skep 'n bogie:
    Bogie na aangrensende noot
  3. Shift+Right skuif die bogie se einde na die volgende noot:
    Drie-noot bogie
  4. X Keer die bogie se rigting om:
    Bogie bokant note
  5. Escape eindig Bogie wysig modus:
    Bogie nie langer in wysig modus

Veranderings

Die bokse of handvatsels (soos getoon in beelde vir stappe 2-4 hierbo) kan verander word met die muis. Die twee buitenste handvatsels verander die begin en einde van die bogie. Die twee binneste handvatsels verander die kontoer van die bogie.

'n Bogie kan oor 'n hele aantal sisteme en bladsye strek. Die begin en einde van 'n bogie is geanker aan 'n noot , akkoord of 'n rus. Indien die note geskuif word as gevolg van veranderinge aan die uitleg of style, sal die bogies ooreenstemmend skuif of verander.

Let wel: Dit is nie moontlik om die begin en eind anker note met die muis te verander nie. Gebruik Shift + links of regs wyser pyltjies om die begin en eind anker punte van die bogie te verskuif.

Stippellyn

Stippellyn bogies word soms in liedere gebruik waar die teenwoordigheid van 'n bogie wissel tussen strofes / verse. Stippellyn bogies word ook gebruik om die redigeer se voorstel (anders as die komponis se oorspronklike bogies) aan te dui . Om 'n bestaande bogie te verander na 'n stippellyn bogie, regs kliek op die bogie en kies Bogie Eienskappe.... Vanuit die Bogie Eienskappe kieslys kan gekies word of die bogie solied of stippellyn moet wees.

Sien ook: Verbinding , [[nodetitle:Wysig modus]] .