MuseScore 1.0 is vrygestel

Feb 7, 2011 - 08:16

Ons is trots om MuseScore 1.0 bekend te stel, ons beste en mees stabiele weergawe tot op hede. MuseScore 1.0 is gratis sagteware beskikbaar vir Windows, Mac en Linux en vertaal in 35 tale. Dit is die ideale oplossing om pragtige bladmusiek mee te vervaardig.

Laai MuseScore 1.0 af

Lees die weergawe nota om uit te vind wat nuut is.

musescore-1.0.jpg

`n Terugblik

Verlede jaar was `n jaar van veranderinge vir MuseScore. Nie net het MuseScore die 1 miljoen aflaai piek bereik na die ontstaan nie, maar dit het ook die getal maandelikse aflaaiers vertrippel in die vierde kwartaal van 2010. Ons skryf hierdie groei toe aan die stygende gebruik van MuseScore in die musiek onderwys regoor die wêreld.

Triple MuseScore download rate in 2010

Wat’s volgende?

Terwyl MuseScore 1.0 besig is om die wêreld oor te neem gaan ons gou kyk na wat vir ons wag in die toekomstige weergawes van MuseScore. Die ontwikkelings-span is reeds besig met die voorbereiding vir die volgende groot MuseScore vrystelling. Belangrike ontwikkeling sluit in die aanvanklike werk op getabuleerde notasie vir snaar instrumente soos kitare en siters, asook gekoppelde stukke vir opvoering musiek wat outomaties die note tussen die bladmusiek en die uitgehale gedeelte sinkroniseer tydens wysiging. Indien u gretig is om te sien wat die nuutste verwikkeling is, gaan kyk na oornag kompilasies.

Tesame met die ontwikkeling van MuseScore, wil ons ook noem van `n nuwe opsie om u bladmusiek te publiseer op die web en mobiele toestelle (sien die huidige gunstelinge vir `n seleksie van beskikbare blaaie reeds op die web). Hierdie is `n aaneenlopende kommersiele projek wat deur MuseScore hanteer word. Fondse bymekaar gemaak deur MuseScore.com sal voortaan die toekomstige ontwikkeling van die gratis en "open-source" musiek notasie program ondersteun; die geliefde: MuseScore.

Volg MuseScore by Twitter of Facebook om op hoogte te bly van toekomstige ontwikkeling. Indien u MuseScore wil ondersteun, voel vry om te skenk.

Dankie aan almal!

Wat 8 jaar gelede begin het as `n stokperdjie projek van Werner Schweer, het nou gegroei tot `n wye gemeenskap van meer as 150 medewerkers.
Dit is dank aan die passie, tyd en toewyding van al hierdie ontwikkelaars, vertalers, dokumentasie skrywers, ontwerpers en persone wat ons uithelp op hierdie forum, dat MuseScore 1.0 now wêreldwyd beskikbaar is.