Gemeenskapsdokumentasie

Hierdie vertaling is verouderd, sien die Engelse weergawe as verwysing: Community documentation

Die MuseScore-gemeenskap onderhou 'n gesamentlik-geskrewe handboek. Enige ingetekende gebruiker kan dit redigeer en die handboekbladsye verbeter. As jy 'n fout of weglating in die handboek sien, moenie aarsel om dit reg te stel of uit te brei nie—klik die ⠇ regs van die titel, kies "Redigeer" en verbeter die bladsy. Jy kan ook bydra tot die gemeenskap se verskameling "Hoe om"-bladsye. As jy skermgreepvideo's opneem en dit op YouTube laai, kan jy 'n video in 'n Hoe om invoeg.

In gevalle waar jy graag veranderinge wil bespreek, skryf in die dokumentasie-forum.