Oktaafstrepe

Updated 5 jare ago
This page shows old instructions for MuseScore 2.
For MuseScore 4 users, see Oktaafstrepe.

Oktaafstrepe dui aan dat 'n afdeling musiek een of meer oktave bo of onder die geskrewe toonhoogte gespeel moet word. Die streep kan gestippel of solied wees. Oktawe is beskikbaar in die Strepe-palet van die Basies- en Gevorderd-werkruimtes.

8─────┐or 8va─────┐: Speel een oktaaf hoër as geskrewe toonhoogte
8─────┐or 8vb─────┐: Speel een oktaaf laer as geskrewe toonhoogte

8va/8vb-strepe is veral algemeen in klavierpartiture, alhoewel hulle soms in ander instrumentale musiek gebruik word.1 15ma (2 oktawe hoër) and 15mb (2 oktawe laer) word ook af en toe gebruik.

Debussy. Études, Book II, X

Om 'n oktaafstreep toe te pas

Gebruik een van die volgende:

  • Kies 'n reeks note, en dubbelklik op 'n oktaafstreep in 'n palet.
  • Kies een of meer mate, en dubbelklik op 'n oktaafstreep in 'n palet.
  • Klik op 'n noot, en dubbelklik dan 'n oktaafstreep in die palet (dit verleng die streep vanaf die gekose noot tot die einde van die balk).
  • Sleep 'n oktaafstreep in die palet tot bo-op 'n noot (dit verleng die streep vanaf die gekose noot tot die einde van die balk).

Kyk ook Strepe: verstel vertikale posisie.

Verander lengte

Kyk Strepe: Verander lengte.

Doelgemaakte strepe

Oktawe kan gedoelmaak word net soos enige ander streep. Kyk Strepe: Doelmaak strepe en streep-eienskappe.

  • Oktaaf in die Engelse Wikipedia

  1. Gerou/Lusk. Essential Dictionary of Music Notation (Internet Archive). ↩︎

Do you still have an unanswered question? Teken asb. eers in om jou vraag te plaas.