Kopieer en plak

Updated 13 jare ago
This page shows old instructions for MuseScore 1.
For MuseScore 4 users, see Kopieer en plak.

MuseScore kan individuele note asook groot stukke musiek kopieer. Die 0.9.4 weergawe sluit baie verbeterings in aangaande kopieer-plak, insluitende ondersteuning vir "shift"-trek seleksies. Kopieer-plak in weergawe 0.9.3 of vroëer is beperk tot volle mates en is moeilik om te gebruik. (sien hieronder vir instruksies).

Kopieer

  1. Kliek op die eerste noot van die seleksie
  2. Shift+kliek op die laaste noot van die seleksie. 'n Blou reghoek sal die area verlig van die seleksie.
  3. Van die kieslys, kies WysigKopieer

Plak

  1. Kliek op die noot of maat waarin die seleksie geplak moet word.
  2. Van die kieslys, kies WysigPlak

Instruksies vir 0.9.3 of vroëer

Kopieer

  1. Kliek op 'n leë gedeelte van 'n maat om die hele maat te selekteer ('n blou reghoek sal die seleksie verlig)
  2. Indien u die seleksie wil uitbrei, dan Shift+kliek op die leë gedeelte van enige maat
  3. Van die kieslys, kies WysigKopieer

Plak

  1. Kliek op die leë gedeelte van die maat waarin die seleksie geplak moet word
  2. Van die kieslys, kies WysigPlak