Installasie

Updated 1 jaar ago
This page shows old instructions for MuseScore 1.
For MuseScore 4 users, see Installasie.

Windows

Die Windows installasie program kan afgelaai word by Aflaai blad van die MuseScore webwerf. Kliek op die skakel om met die aflaai te begin. Die Internet webleser sal vertoon dat u die program wil aflaai. Kliek "Save File".

Wanneer die program klaar afgelaai is, dubbel kliek op die lêer om die program te installeer. Windows mag dalk 'n sekuriteits venster open en vra om te bevestig dat u die program wil installeer. Kliek "Run" om voor te gaan.

install-wizard-1-winxp.png

Die installasie program verwag dat alle ander programme toegemaak word voordat u voortgaan met die installasie. Nadat al die ander programme toegemaak is, kliek op "Next" om voort te gaan.

Die installasie assistent sal die termes en voorwaardes van die die gratis sagteware lisensie toon. Kliek "I Agree" om voort te gaan.

Volgende sal dit vra waar MuseScore geïnstalleer moet word. Indien 'n nuwer weergawe van MuseScore geïnstalleer word, maar u wil steeds die ou weergawe behou, moet u die gids verander. Indien nie, kliek "Next" om voort te gaan.

Volgende sal dit die naam van die MuseScore gids wat in die Windows Start menu lys van programme vertoon. Kliek "Install" om voort te gaan.

Gun die installasie assistent 'n paar oomblikke om die nodige lêers en instellings te installeer. Wanneer dit klaar is kliek op "Finish" om die installasie assistent te beïndig. Indien so verlang, kan die installasie assistent, wat u afgelaai het, uitgevee word.

install-wizard-finish-winxp.png

Begin MuseScore

Om MuseScore te begin kies StartAll ProgramsMuseScoreMuseScore.

Na 'n paar oomblikke sal MuseScore 'n demonstrasie blad oopmaak. Voel vry om met die demonstrasie blad te eksperimenteer om die gevoel van die program te kry. Volgende sal u miskien u eie sisteem wil skep. create new score .

screenshot-demo-score.png

Gevorderde gebruikers: Stil of onbetrokke installasies

U kan MuseScore stil installeer deur die volgende bevel MuseScore-0.9.6.3.exe /S /D=C:\Program Files\MuseScore
U kan die program verwyder deur die bevel
cd C:\Program Files\MuseScore
Uninstall.exe /S

Mac OS X

Installasie

Die Mac dmg lêer kan gevind word by die Aflaai blad van die MuseScore webwerf. Kliek op die skakel om met die aflaai te begin. Wanneer die lêer klaar afgelaai is, sal die dmg lêer outomaties op die skerm vertoon word as "MuseScore-0.9.6" en die installasie assistent vertoon.

install_mac_0963.png

Trek die MuseScore simbool en plaas dit in die "Application" gids. Indien u nie as die administreerder ingeteken is nie, sal Mac OS X u vra vir 'n wagwoord: kliek "Authenticate" en sleutel die wagwoord in om Mac OS X toe te laat om MuseScore na die "Application" gids te kopieër.
MuseScore kan nou begin word vanuit die "Applications" of "SpotLight"

Verwyder

Vee MuseScore uit in die "Applications" gids.

Linux

Sien asseblief die Aflaai blad vir die instruksies aangaande MuseScore vir Linux. Pakette word voorsien vir Debian, Ubuntu, Fedora en PCLinuxOS. Ander verspreidings sal u noodsaak om die program van bron kode af te bou. Vir spesifieke instruksies aangaande Fedora sien hieronder.

Fedora

  1. Voer die GPG sleutel in:
    su
    rpm --import http://prereleases.musescore.org/linux/Fedora/RPM-GPG-KEY-Seve
  2. Gaan na die Aflaai blad van die MuseScore webwerf. Kliek op die skakel vir die stabiele Fedora aflaai en kies die korrekte rpm pakket vir u argitektuur
  3. Afhangende van u argitektuur sal u een van die volgende twee stelle bevele moet gebruik om MuseScore te installeer
    • Vir arch i386
      su
      yum localinstall musescore-0.9.4-1.fc10.i386.rpm
    • Of vir arch x86_64
      su
      yum localinstall musescore-0.9.4-1.fc10.x86_64.rpm

Indien u probleme ondervind met die klank, sien Fedora 11 and sound .